Ware Liefde

Is jy op soek na liefde, ware liefde? Wonder jy oor die betekenis van ware liefde? Voel dit vir jou of dit jou nie beskore is nie? Dit is almal vrae wat dikwels gevra word.

Die werklikheid – mense wat ’n liefdesbesluit kan neem sonder om ’n bietjie daaroor te twyfel is maar yl gesaai. Vir baie mense is dit maar net die normale vrees voor die groot stap wat hulle ’n bietjie onseker maak. Soms bestaan daar twyfel oor mense se motiewe. Sommige is doodeenvoudig net bang dat hulle op die rak gaan bly sit en vir ander gaan dit suiwer oor wat hulle uit die verhouding kan kry. Geld en status kan in laasgenoemde natuurlik ’n belangrike rol speel. Dan is daar ander wat net hoop dat die verhouding hulle omstandighede sal verbeter. En natuurlik kry jy altyd die mens wat sommer net halsoorkop in ’n ding instap.

Hoe dit ook al sy, almal van ons se eerste stap na ware liefde en die geluk waarna ons soek is veel nader aan ons as wat ons ooit sal kan dink. Dit maak nie eintlik saak waar jy in hierdie stadium in ’n verhouding staan nie, al is jy net verlief of lank getroud of steeds op die rak. Daar is nie ’n beter tyd om die Waarheid oor Ware Liefde te ontdek nie. Hoe gouer, hoe beter! Klik sommer nou die skakel om meer te lees van Ware Liefde.

Deel met ander: