Slot

Indien jy ander mense of ander dinge nodig het om gelukkig te wees, het jy nog nie werklik begin groei in jou liefde vir jouself nie. Voordat jy nie jouself begin liefkry nie, gaan jy altyd onseker voel in verhoudings met ander mense. Is dit regtig wat jy wil hê?

God het die ideale situasie geskep vir die perfekte liefdesverhouding. Hy wat Liefde self is, is binne jou en jy in Hom. Die behoefte aan liefde binne in jou kom vanaf God self. Hy wil daardie behoefte aan liefde volmaak vervul. Hy wil jou in liefde na Hom toe lei en jou in liefde vir jouself laat groei. Hoe meer jou liefde vir God groei, hoe meer sal jou liefde vir jouself en vir ander groei. God self, is die sleutel tot ware liefde. Smag dus na die liefde van God in jou lewe en die res sal vir jou gegee word.

Deel met ander:

Een kommentaar op “Slot”

  1. Wil net se dat ek hierdie skrywe baie geniet het, en dat dit ook my aangemoedig het om Ware Liefde, self-liefde en liefde vir my vrou en kinders te soek. Die reis na soeke is net te ongelooflik om in woorde te omskryf. Baie baie dankie! Dankie Jesus!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

three − one =