Spesiale Tye met Ware Liefde bl. 7

Net so kan jy oor enige gedeelte van die Woord wat tot jou spreek, mediteer. Ek hou ook daarvan om oor Ps. 100 en Rom. 12:2 te mediteer. Meditasie kan vir jou ook in jou soeke na die heerskappy van Ware Liefde in jou van groot waarde wees.

Natuurlik kan jy ook jou eie meditasie skryf. Dit is net belangrik dat dit getrou aan die Woord van God moet wees. Hieronder is ’n voorbeeld wat ek geskryf het.

U liefde heers in my

U is liefde
U heers in my
U liefde is binne my
U liefde groei in my
U liefde omsingel my

Met liefde vernuwe U my denke
Met liefde lei U my wil
Met liefde gee U my hoop
Met liefde gee U my vrede
Met liefde gee U my vreugde
Met liefde gee U my geloof

U laat my liefde vir U groei
U laat my liefde vir myself groei
U laat my liefde vir ander groei

U liefde is die kern van my bestaan
U is liefde

Deel met ander:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

17 + 16 =