Spesiale Tye met Ware Liefde bl. 8

Dit is wonderlik om met musiek te mediteer. Soms is die woorde alleen, genoeg. Sekelmaan deur Retief Burger is vir my besonders! Hy begin met die woorde: “My eenvoudige gebed is dat jy sal ophou soek! En sal, hoor hoe die Here, die bron van liefde, liefde self oor jou sing! Dalk kan jy dit nie glo nie, dalk wil jy dit nie glo nie, maar vat dit! Hoor wat Hy oor jou sing!”

Vanaand se sekelmaan is net vir jou
Mag hy dans tot in jou hart en sy arms om jou vou
Want as hy kon praat sou hy eenvoudig sê
Hoe diep my liefde hierbinne vir jou lê
Mensekind ek weet jou hart is broos,
Wand die twyfel trek jou jou skeef en jy’s leeg en moedeloos
Maar as jy my oë vir ’n oomblik sou kon leen
Sou jy ’n bruid sien, in wit geklee
En weet jy wie dit is? Kan jou aardse siel
begryp na wie ek verlang?
Dit is jy, my bruid in ewigheid
Een kyk van jou oë en die hout se pyn verdwyn
Dit is jy, geliefde van my sy
Ek is hier by jou, in jou, om jou net lief te hê…
En al sou jy ook die deur in my gesig toeslaan
En die leuens bly glo dat ek net nie bestaan
Sal ek nog steeds my liefde vir jou kom wys,
’n Gebreekte lyf wat hang aan ’n kruis
Weet jy wie jy is? Kan jou aardse siel begryp na wie ek verlang?

Deel met ander:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

seven + 10 =