Wat is Liefde?

Wat is liefde? Of eerder, wat is ware liefde? Dit is seker ʼn vraag wat amper so oud soos die mensdom is. Dit is baie moontlik dat ieder en elk van ons al daaroor gewonder het of weet van iemand wat al daaroor gewonder het. Geen wonder dan dat elke tweede storieboek of fliek se hooftema liefde is nie. Indien nie die hooftema nie, word dit altyd op een of ander manier ingewerk. Wanneer laas het jy byvoorbeeld ʼn aksie fliek sonder ‘n tikkie romanse gesien? En slaag die skrywers van romantiese stories nie wonderlik daarin om liefde as ʼn absolute hemel op aarde uit te beeld nie? Hoe realisties is die romantiese uitbeeldings van liefde? Hoe dink jy, is dit werklik ware liefde?

Aan die ander kant van die spektrum is die ernstige studente. Dit is die mense wat diep navors en sielkundige of geestelike boeke oor die onderwerp skryf. Gewone mense gryp graag na al die boeke, video’s en natuurlik die internet om te help om daardie belangrike liefdesbesluite te neem. Dan is daar natuurlik ander mense wat sommer net ‘n besluit kan neem of sommer net doen en gaan soos die wind hulle waai.

Wat sou jy sê, is nader aan die waarheid? Die idealistiese beeld geskep deur die vermaaklikheidswêreld of die meer realistiese, dog ernstiger beskouing van die studente. Is ware liefde ‘n besluit of is dit nie dalk sommer net om lief te wees nie?

Lees asseblief verder! Dit gaan jou glad nie lank neem nie en dit kan beslis jou lewe ten goede verander.

Deel met ander:

2 kommentare op “Wat is Liefde?”

  1. Liefde is om te gee.Johannes 3,16 Want so lief het God die wéreld (mense)gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,sodat elkeen wat in Hom (Jesus) glo nie verlore mag gaan nie,maar die ewige lewe kan hé. Amen.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

two + ten =