Wie is jy? bl. 2

Dan kry jy mense wat altyd lyk of hulle agter ’n tafel wil wegkruip as hulle jou sien. Jy is nie dalk een van die tipe mense wat sukkel om ‘n ander in die oë te kyk nie? Dalk te bang om iets te sê. Dalk te bang om voluit te lewe! Sou jy sê dat jy jouself waarlik lief het?

Daar is die stil, ernstige mense. Hulle is so intens gefokus om doelwitte te bereik dat hulle nie eers bewus is van ander mense se bestaan nie. Is jy dalk só doelgerig dat jy baie van die mooi dinge in die lewe soos liefde vir jouself en vir ander heeltemal miskyk? Dink jy dalk dat deur jou doel te bereik gaan jy die toppunt van geluk bereik? Hoe permanent, dink jy sal die geluk wees? Vergelyk dit met hoe jou opgewondenheid oor ’n nuwe motor wat met die verloop van tyd vervaag. Wat dryf jou – is dit status, rykdom of ware liefde?

Wie ken nie ’n kwaai mens nie? Hulle kom partykeer so skielik op jou pad en raas oor iets wat totaal en al onbenullig is. Daar is niks daarmee verkeerd om kwaad te word nie, solank dit met goeie rede is. Soms is dit regtig nodig vir jou en ander se beswil. Indien jy egter heeldag en aldag oor ander kla en werklik onnodig kwaai is, kan ek nie help nie om te wonder, hoekom dan so? Kla jy nie dalk ook heeldag oor jou eie doen en late nie en raak jy nie dan nog boonop sommer kwaad vir jouself nie? Dit is nie altyd so maklik om so iets in jouself te identifiseer nie, maar met ’n bietjie nabetragting oor ’n paar dae kom jy dit dalk tog agter. Die ooglopende vraag is: Dink jy dit is goed om jouself aanmekaar af te kraak? Dink jy dat jy jouself waarlik lief het? Indien wel, hoekom dan die heeldag se gebaklei met jouself en ander mense?

Deel met ander:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

seventeen − three =