Wie is jy? bl. 3

’n Laaste groep mense waaraan ek kan dink, is seker die moeilikste om te identifiseer. Dit is die ou wat altyd alles reg doen. Die persoon is altyd op tyd, reg aangetrek en sê altyd die regte goed vir die regte mense. Moet jy altyd in beheer wees, moet jy altyd alles reg doen en moet jy altyd goed lyk? Dink jy dat dit regtig is hoe jy is, of is dit dalk net hoe jy graag wil hê ander mense jou moet sien? Indien jy jouself waarlik lief het, hoekom is dit dan nodig dat alles altyd perfek voor ander se oë moet wees?

Kan jy jouself in die voorbeelde hierbo identifiseer? Is jy dalk ’n kombinasie van verskillende tipes of is jy sommer net heel anders? Dit is beslis moontlik om anders te wees. Elkeen van ons is mos uniek. Hoe jy jouself ook al identifiseer, glo ek dat elkeen van ons daarna wil streef om werklik so lief vir onsself te wees dat ons nie ander persone nodig het om gelukkig te wees nie. Ek waag dit om te sê, hoe meer jou ware liefde vir jouself, hoe minder sal jou onsekerheid word met die neem van besluite. Jy sal net al hoe meer weet wat jy wil hê. Dink jy dit is moontlik?

Deel met ander:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

twenty − 14 =